SOLDATELIEDJIE

 

Stil - laat hulle maar slaap.
Laat manne maar droom dat
hulle hul lywe net gebruik
om te stoei, om te begeer.
Laat hulle hul lywe losmaak
van uniforms en laat hulle onbekend
wees met lusdade. Bring hulle
helme met viooltjies om na
soldategrafte te dra. Laat hulle
bevry van wapens dwaal
tot geen oorlog meer te vind is nie.
So, laat hulle maar slaap,
tot hulle wanhopig vol liefde
terugkeer na huis.

 

Vertaling: Tjaart Theron

Henk van Zuiden